Amptelike Afrikaanse Vertaling
(As I Am)
Musiek & Lirieke deur: Aodhan King, Melodie Wagner-Mäkinen en Michael Fatkin
Vertaling deur: Aurelia Mouton, Jehane De Beer en Warren Brown
VERS 1:
Ek leef in 'n genade waar
Als meer as dit is wat ek verbeel het
Waar wat onverdiend is vrylik gegee word
VOOR-KOOR 1:
Al my spyt en mislukkings
Al my foute nou gelos by die kruis
Al wat oorbly is U Vader liefde
KOOR:
O Heer U aanvaar my soos ek is
Oor en oor noem U my weer U eie
U sien dit als steeds wil U my hê
Hoe U my lief het
Hoe U my lief het
U goedheid en guns herinner my
Hoe U my lief het
Hoe U my lief het
Soos ek is
VERS 2:
So kom ons wees tesame
By U Nagmaals tafel sal ons aansit
Almal is gelyk in U teenwoordigheid
VOOR-KOOR 2:
Waar ek vandaan kom of waar ek al was
Hoe ek geleef het of die kleur van my vel
Niks sal verander hoe U my lief het nie
REFREIN:
O Heer U aanvaar
O Heer U aanvaar my
Aanvaar my soos ek is