DOWNLOAD LYRICS AND SHEET MUSIC
KONING VAN KONINGS
Amptelike Afrikaanse Vertaling
(King of Kings)
Musiek & Lirieke deur: Brooke Ligertwood, Scott Ligertwood & James Ingram
Vertaling deur: Warren Brown, Jehané De Beer, Konstand Spies & Michelle Parenzee
VERS 1:
In die duister was ons wagtend
Sonder hoop, sonder lig
Tot U vanuit die Hemel hardloop
Met genade in U oë
Om te vervul die wet en profete
Aan n maagd die Woord openbaar
Vanaf ‘n troon van eind’lose glorie
Na ‘n wiegie in die stof
KOOR:
Loof die Vader
Loof die Seun
Loof die Gees drie in een
God van glorie
Majesteit
Loof vir ewig (die) Koning van konings
VERS 2:
Om die Koningkryk te onthul
En verlorenes te versoen
Om die skepping te verlos
Het U die kruis nie verafsku
Want selfs in U lyding
Het U die anderkant gewaar
U’t geweet dis ons verlossing
Jesus, U sterf ter wille van ons
VERS 3:
En die oggend toe U ontwaak
Met al die Hemele in afwagting
Toe die steen verskuif vir goed
Want die Lam het dood oorwin
En die dood staan op uit hul graf
Eng’le staan in verwondering
Vir elke siel wat kom na die Vader
Word daar weer herstel gebring
VERS 4:
En die Kerk van Christus ontstaan
En die Gees verwek die vlam
Die ware evangelie van ouds
Sal nie kniel of verswak
Deur Sy bloed en in Sy Naam
In Sy vryheid is ek vry
Want die liefde van Jesus
Bring weer lewe binne my
© 2019 Hillsong Music Publishing
CCLI: 7135132
PO Box 1195 Castle Hill NSW 1765
Ph: +61 2 8853 5284 Fx: +61 2 8846 4625
E-mail: publishing@hillsong.com